Kinder- en jeugfiksie (14+)
Aanhangers van Enid Blyton se Famous Five-reeks sal gaande wees oor Cecilia Steyn se jeugroman Dryf. Dit is ’n avontuurverhaal met ’n goeie skeut spanning en romanse.
Caleb Meyer offer sy matriekvakansie op om die raaisel van sy pa se verdwyning in die fiksionele kusdorpie Stormwater uit te pluis. Almal meen Caleb se pa, ’n oseanograaf, is in ’n ongeluk dood, maar Caleb ruik lont, want kort voordat sy pa se vliegtuig in die see gestort het, het hy ’n inskrywing op sy blog geplaas oor iets onrusbarends wat hy op die seebodem waargeneem het.